Local newsNews

Ongeluk eis ‘sonskynkind’

Dylan Bothma was 'n spontane jong man wat almal met vriendelikheid hanteer het.

Die ouers, vriende en familie van ‘n jong man van die dorp probeer nog sin maak oor die ongeluk wat op Sondag Dylan Bothma (18) se lewe geëis het.

Dylan Bothma is op 25 Junie oorlede.

Dylan is in die vroeë oggendure oorlede nadat hy die vorige aand (24 Junie) die slagoffer van ‘n tref-en-trap ongeluk was.
In ‘n onderhoud met Dylan se ma, Elsie Bothma, het sy haar seun as ‘n sonskynkind beskryf.

“Dit is ongelooflik hartseer en baie moeilik,” vertel Elsie.
“Hy was ‘n lewenslustige jong man en ek sal altyd sy goedhartigheid, sy passie en spontaniteit onthou.”

Volgens Elsie het Dylan ‘n groot vriendekring gehad.

“Hy het ‘n stralende persoonlikheid gehad wat almal altyd laat welkom voel het,” sê Elsie.
“My seun het ‘n merk in almal se harte gelos.”

Volgens Elsie wou Dylan graag eendag ‘n motorfietswinkel oopmaak en wou ook graag ‘n biljoenêr wees om sy familie te onderhou.

“Dit was nog altyd sy eie woorde,” meen Elsie.
“Om sy familie te kon versorg was vir hom baie belangrik.”

Elsie meen die ongeluk het die gesin met talle vrae gelaat.
“Ons wil graag duidelikheid hê oor wat gebeur het,” sê sy.

“Daarom vra ons enige persoon wat inligting het om asseblief met die familie in aanraking te kom. Dankie ook vir elke familielid, vriend en kennis wat ons bystaan en vir ons bid.”

Dylan se gedenkdiens sal op 3 Julie om 12:00 vanuit die Sedaven Gemeente, Heidelberg plaasvind.
Hy laat sy ouers, Elsie en Daniel Bothma en sy suster, Shayne Welgemoed agter.

Enigiemand met inligting kan met die gesin in aanraking kom deur Elsie by 084 209 2879 of Russell Bothma by 072 290 4591 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button