Local newsNewsSport

Berge skop af met ‘n wen in die Kestrel Liga

Heidelberg Rugbyklub laat die drieë inrol.

HEIDELBERG – Heidelberg Rugbyklub het op 25 Maart hulle verdediging van die Kestrel Beker begin.

Berge se teenstanders was Oos-Rand Polisie Rugbyklub. Heidelberg het die wedstryd 48-12 gewen.

Heidelberg het eerste punte aangeteken met ‘n strafskop wat deur die pale gejaag is. Oos-Rand het teruggeslaan en vining ’n drie aangeteken. Die vervyfskop was oor gewees.

Heidelberg het met ’n goeie maalbeweging en hardlooprugby self oor die doellyn gaan kuier vir ’n drie. Die drie was vervyf.

Heidelberg het daarna nog ’n drie in die eerste helfte gedruk wat vervyf was asook ’n strafskop deur die pale.

Heidelberg het 20-7 teen halftyd voorgeloop.

In die tweede helfte het Berge behoorlik vlam gevat en ’n verdere vier drieë gedruk, wat almal vervyf was. Oos-Rand Polisie het ook ’n drie in die tweede helfte gedruk.

Heidelberg het ’n goeie afgeronde vertoning gelewer wat hardlooprugby, goeie maalbewegings, sterk lynstane en skrums ingesluit het.

In die wedstryd het Heidelberg sewe keer by die skrums ingegooi en Polisie nege keer. Berge het ook 13 in lynstane die bal ingegooi teenoor Polisie se 17 keer. Berge 14 strafskoppe afgestaan teenoor Polisie se 19 strafskoppe.

Daar was ook een geel kaart aan Polisie toegeken. Dit is duidelik dat Heidelberg reg vir die jaar se Kestrel Beker is en hulle titel wil verdedig.

Heidelberg se volgende wedstryd in die Kestrel Liga is op 1 April teen Vanderbijlpark op Volkskool se rugbyveld.


Related Articles

Back to top button