Local newsNews

Eenheid Suikerbos vat hande met die plaaslike GPF

‘n Plan van aksie, ten opsigte van veiligheid in Heidelberg is bespreek.

HEIDELBERG – SA Weermagvereniging (SAWV) Veterane Eenheid Suikerbos en Heidelberg se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs vergader om samewerking tussen die twee organisasies te bespreek.

Eenheid Suikerbos se voorsitter Frik van Niekerk, Hannes Louw (tweede in bevel) asook die voorsitter van Heidelberg GPF, Flip Minnaar het ‘n plan van aksie ten opsigte van veiligheid in Heidelberg bespreek.

“Die vergadering was broodnodig sodat ons kan weet waar ons inpas en waar ons van hulp kan wees in die gemeenskap,” het van Niekerk gesê.

“SAWV Eenheid Suikerbos se bestuur ag die veiligheid van ons lede uiters hoog.

“Ons beplan om ‘n netwerk te stig in samewerking met die GPF. Die SAWV het reeds lede wat in radioverbinding met die GPF is.

“Verder sal ons poog ons om beskerming te verleen tydens voorvalle van inbrake, voertuig kapings en ander kriminele voorvalle in Heidelberg.

“Ons wil graag met ‘n goed-georganiseerde en opgeleide organisasie hande vat, tot voordeel van ons veterane en in die proses ook to voordeel van ons gemeenskap,” het van Niekerk gesê.

Hy het ‘n beroep gedoen op alle SAWV lede, in Heidelberg en omgewing wat die dorp en plase insluit, wat reeds ingeskakel is by die GPF, om hom per WhatsApp te kontak.

“Ons hoor ook graag van alle veterane, lede van SAWV of uniformdraers, wat in die weermag diens gedoen het, wat belangstel om ons in dié verband te help,” het van Niekerk gesê.

Hy kan gekontak word by 079 220 5555.



LEES OOK: Eenheid Suikerbos hou mannedag

LEES OOK: Senior burgers kuier saam oor ‘n koppie tee

Related Articles

Back to top button