Local newsNews

Senior burgers kuier saam oor ‘n koppie tee

Die gasspreker se praatjie het groot byval gevind.

HEIDELBERG – Die inwoners van die Suikerbosoord het op 17 Maart ‘n deftige oggendtee geniet.

Die vroue veral het behoorlik opgetof vir die geleentheid en het al te spoggerig gelyk.

Daar was ook ‘n paar hane onder die henne, wat die geleentheid ewe veel geniet het.

Suikerbosoord se maatskaplike werker, Marlene Walkden, het die verrigtinge geopen en almal verwelkom.

Die musiek wat Joalet Reynecke met die klavier asook tjello gelewer het, het gesorg vir die perfekte atmosfeer.

Die gasspreker Jacolette van Tonder het die gehoor toegespreek. Jacolette se tema was: Wat het julle om op te gee?

“Ons almal hou daarvan om te ontvang, maar wanneer dit by uitgee kom is almal van ons skuldig daaraan om nie te wil gee nie,” het van Tonder gesê.

“Ons het almal liefde, tyd, ondervinding, raad, wysheid, empatie, bystand, glimlag en omgee wat ons aan ons medemens kan gee.”

Na die verrigtinge het die inwoners hulself geniet met verskeie lekkernye wat koeke, terte en ‘n koppie tee ingesluit het.


Related Articles

Back to top button