Local newsNews

Atlete kwalifiseer vir ASA kampioeskappe

Volkies reg vir groter kampioenskappe.

Atlete van die Laer- en Hoër Volkskool het gekwalifiseer om aan ASA Kampioenskappe deel te neem.

Laer Volkskool het twee atlete wat aan die 1 200m-item in verskillende ouderdomsgroepe gaan deelneem.
Met goeie vertonings het Adriaan Coetzee en Christiaan Lewis beide gekwalifiseer om aan die finale rondte deel te neem.

Hoër Volkskool het vier atlete wat aan die Junior ASA veld- en baan kampioenskappe gaan deelneem
Die atlete is Marinus Botha 110m hekkies, Tiaan van Niekerk 110m hekkies, Arno Swart 110m hekkies en hoogspring en Jessica Wehmeyer hoogspring.

Die kampioenskappe vind van 23 tot 25 Maart in Pietermaritzburg plaas.

Related Articles

Back to top button