Local newsNews

Hartaanval eis rugbyafrigter

Nigel legende het diep spore getrap.

Rugbyspelers en die inwoners van die dorp het Donderdag met skok verneem van die afsterwe van Hansie van Wyk, (44) hoofafrigter van Nigel Rugbyklub se eerste span.

Hansie, wat aan ‘n hartaanval oorlede is, het diep spore in Nigel getrap en sy dood laat ‘n groot leemte.
Volgens inligting het hy in die verlede met hartprobleme gesukkel.

In die laaste week was hy wel by die dokter gewees en het die groen lig gekry nadat hy ‘n EKG ondergaan het.

Hansie en en sy vrou Zelda was vir 13 jaar getroud en hulle het drie kinders Darius (18), Kayleigh (12) en Chrizel (20).

Dié passievolle afrigter het jare se ondervinding in rugby in verskeie hoedanighede gehad.
Hy was nie net afrigter en mentor by Nigel Rugby nie maar was ook Valke Plattelandse hoofafrigter.

Sy pa, Hansie van Wyk senior, het meer uitgebrei oor sy seun se grootword jare.
Hy het vertel dat Hansie op die plotte in Jameson Park grootgeword het. Sy laerskool loopbaan was aan die Laerskool Tini Vorster in Nigel en hy was aan die

Hoërskool John Vorster vir sy hoërskool loopbaan.
Op skool het hy uitgeblink in krieket, rugby, atletiek en korfbal. In Graad 11 en 12 was Hansie kaptein van die SA Korfbalspan.

In rugby is hy as 17-jarige gekies as kaptein van die Suid-Afrikaanse o23 span.
Hy het self vir Nigel Rugbyklub gespeel en was ook op ‘n keer deel van Suidoos Transvaal Rugby.

Na ‘n ernstige besering het hy sy gewig by die afrigting ingegooi.
Hansie was ‘n afrigter vir 10 jaar gewees. In hierdie tyd het hy oor die 200 wedstryde as afrigter geniet waarvan slegs 11 wedstryde aan die verloorkant was.

Hy het vir baie jare in Nigel gewoon en was ‘n geliefde inwoner met baie vriende.
Anita Cilliers, sy suster het aan die HERAUT gesê die tyding van sy dood was vir almal ‘n groot skok.

“Hansie het gekla oor borspyn en is dokter toe. Hy was in die dokter se spreekkamer toe hy die hartaanval gehad het,” het Anita gesê.

“Hy was vir die mense wat hom ken ‘n groot figuur gewees. Hy het sy geloof uitgeleef. Hy het altyd ‘n motiveringsboodskap gehad en was iemand waarop ons altyd kon steun,” het ‘n hartseer Anita gesê.

Related Articles

Back to top button