Valentynsdag by Nigel VLU gevier

Die VLU vroue was almal in rooi getooi vir die maand van die liefde.

Lede van die Nigel VLU het ‘n gesellige vergadering op 9 Februarie bygewoon.

Die vergadering se tema was ‘Love is in the air’, om die maand van die liefde te vier.

Gasvrou Theresa Scholtz het gesorg dat alles glad verloop.

Giovanni Divito, ‘n gebore Heidelberger het die vroue vermaak met verskeie treffers.

“Dit is vir my lekker om soveel vrolike gesigte hier by ons te sien,” het die voorsitter Anna-Marie Axer gesê.

Die vergadering was Axer se eerste as voorsitter.

Anna-Marie Axer het Charmanay de Klerk van Solidariteit Helpende Hand vir haar insiggewende gesprek oor die organisasie bedank.

Charmanay de Klerk, maatskaplike werker vir die Helpende Hand Oos-Rand Streek, het die lede en gaste meer oor die organisasie vertel.

Hierna het die gaskunstenaar, Giovanni Divito almal met ‘n paar bekende treffers vermaak.

Die tak se volgende vergadering sal op 9 Maart plaasvind.

Vir meer inligting oor die tak, of om aan te sluit, kontak Axer by 082 886 2002.

Giovanni Divito saam met Anna-Marie Axer tydens die vergadering.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version