Local newsNews

Motoriste moet versigtig wees: Merzstraat laagwater brug oorspoel

Met nog reën wat voorspel word, word motoriste gemaan om versigtig te wees.

Die reën wat die afgelope tyd in die Heidelberg omgewing val maak die laagwater brûe areas om te vermy.

Motoriste moet versigtig wees wanneer die laagwater brûe oorgesteek word.

Die Mertzstraat laagwater brug is al klaar onder water en met die voorspelling dat nog reën gaan val, sal die vlakke by al die brûe in Heidelberg verseker styg.

Die brug is nog nie toegemaak nie maar dit is net ‘n kwessie van tyd voor ‘n voertuig daar gaan vassit.

Sover as moontlik vermy die brûe veral as daar baie water is.

Dit is vir die gemeenskap se eie veiligheid om eerder meer veiliger paaie tans te gebruik.

Related Articles

Back to top button