Local newsNews

Eenheid-Suikerbos kies nuwe bestuur

Die SAWV se Suikerbos-Eenheid beoog om talle projekte aan te pak en veral om persone met gestremdhede te fokus.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging Veterane (SAWV) Eenheid Suikerbos het op 22 Januarie die nuwe bestuur bekend gemaak.

Die nuwe voorsitter van Eenheid Suikerbos is Frik van Niekerk.

Die kapelaan is Gert van Rooyen, die sersant majoor is Werner van der Merwe en die kommunikasie beampte Hanlie de Beer.

SAWV Sedibeng sektor voorsitter, Mario Smit, het by die opening van die vergadering verduidelik wat die doel van die veterane vereniging is en wat vir elkeen gebied kan word.

“SAWV het begin om ‘n leemte te vul vir die veterane wat die land gedien het in die verskeie uniformdraende dienste,” het Smit gesê.

Frik van Niekerk is die nuwe voorsitter van Eenheid-Suikerbos.

“Ek glo die Suikerbos leiers kan saam met die nuut-verkose leierskap werk om Heidelberg vir almal ‘n beter dorp te maak.

“Die veterane het kosbare kennis wat op verskeie maniere ingespan kan word. Verskeie lede mag met die wette van die land werk terwyl ander kennis het van administrasie, hande-arbeid en nog meer. Elkeen het kennis wat ten goede gebruik kan word. Ons as ‘n groep kan help om dorpe en stede se erfenis, helde-akker en geskiedenis te bewaar.”

Van Niekerk het gesê daar verskeie projekte in die Heidelberg area waar mede-veterane en die gemeenskap betrek gaan word, maar ook gehelp kan word.

“Ons hou ons egter nie blind vir die samelewing nie en sal help waar ons kan. Ons het baie monumente en geskiedkundige en noemenswaardige plekke in Heidelberg.

Mario Smit, SAWV Sedibeng sektor se voorsitter.

“Ons wil seker maak dit bly alles behoue. In September gaan daar ‘n kranslegging en helde-akker seremonie in Heidelberg gehou word.

“’n Projek wat my na aan die hart lê is ondersteuning vir die gestremdes in ons gemeenskap. Op dié gebied het ons baie hulp nodig. Ons benodig ou rolstoele en looprame,” het Van Niekerk gesê.

Hy het aangedui die toestand van die toerusting is nie ‘n faktor nie aangesien dit herstel kan word.

Enige een wat wil help of meer inligting wil bekom kan Van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button