Volkskool se 2022 matriekklas kry vlerke

'n Blink toekoms wag op 2022 Volkskool matrikulante.

Vier matrikulante van die Hoër Volkskool, wat Vrydag hul matriekuitslae ontvang het, spog elk met sewe onderskeidings.

Eugenie Potgieter (adjunkhoof akademie) van Volkskool saam met Alisna Cloete (sewe onderskeidings) en Sias Botha (skoolhoof).

Altesaam 123 matrieks het in 2022 hul matriek eindeksamens afgelê.
Die skool het ‘n slaagsyfer van 99.2% behaal.

Die skool se uitblinkers wat elk sewe onderskeidings agter hul naam kan skryf is Mia Bezuidenhout, Alisna Cloete, Marli du Plessis en Karli Kotze.

Mia Bezuidenhout het sewe onderskeidings behaal.
Eugenie Potgieter (adjunkhoof akademie) van Volkskool saam met Karli Kotze (sewe onderskeidings) en Sias Botha (skoolhoof).
Eugenie Potgieter (adjunkhoof Akademie) van Volkskool saam met Marli du Plessis (sewe onderskeidings) en Sias Botha (skoolhoof).

Mohamed Gani het vyf onderskeidings losgeskryf en Miné Fourie, Ané Rossouw en Marli Schoeman het elkeen vier onderskeidings behaal.
Vier leerders van die skool het drie onderskeidings behaal, 10 leerders het twee onderskeidings en 12 leerders het elk een onderskeiding behaal.

Eugenie Potgieter (adjunkhoof akademie) van Volkskool saam met Mohamed Gani (vyf onderskeidings) en Sias Botha (skoolhoof).
Goeie vriende Brian Shone, Clarize Wucherpfennig en Lehann Janse van Rensburg was Vrydag verheug om uiteindelik hul matriekuitslae te ontvang.
Ané Rossouw het met vier onderskeidings geslaag.
Eugenie Potgieter (adjunkhoof akademie) van Volkskool saam met Miné Fourie (vier onderskeidings) en Sias Botha (skoolhoof).

“Ek is baie trots op ons leerders se prestasies. Hulle harde werk deur die jaar het verseker dat die vrugte nou gepluk word. Ons sien uit om die leerlinge se vooruitgang in die toekoms dop te hou,” het Sias Botha, Volkskool se skoolhoof, gesê.

Exit mobile version