Local newsNews

Lang wag vir matrieks is verby

Die matrikulante van 2022 kon op 20 Januarie hul sertifikate by hul onderskeie skole gaan afhaal.

Na ‘n lang wag het honderde 2022 matrikulante hul uitslae op 20 Januarie by hul hul onderskeie skole gaan afhaal.
Die skole se slaagsyfers en top leerders vir die 2022 matriekjaar was soos volg:

• Hoërskool John Vorster (98.5%)

Elaine Hartkopf, wat in 2022 hoofdogter was, is met haar sewe onderskeidings as duxleerder aangewys.
Schalk van Wyk en Jennifer Klein het elkeen vyf onderskeidings behaal.

Elaine Hartkopf, duxleerder van Hoërskool John Vorster met sewe onderskeidings, is hier saam met die skoolhoof, Jan Nienaber.
Schalk van Wyk van Hoërskool John Vorster het vyf onderskeidings behaal. Skoolhoof Jan Nienaber het sy sertifikaat oorhandig.
Jenna Klein van Hoërskool John Vorster het vyf onderskeidings behaal.

• Nigel High School (83.51%)

Mashego Ontegile, Mile Palesa en Ndaba Tumi het elkeen twee onderskeidings gekry.

• Alrapark Secondary School (78%)

Abigail Thys was as duxleerling aangewys met vyf onderskeidings agter haar naam.

Abigail Thys van Alrapark Secondary is met haar met vyf onderskeidings as duxleerder aangewys.

• Nigel Secondary School (100%)

Met een onderskeiding is Jinique Jansen as duxleerling aangewys.
Jazreel Selinda was kort op haar hakke, ook met een onderskeiding.

Jinique Jansen van Nigel Secondary School is as duxleerling aangewys met een onderskeiding, drie Bs en drie Cs.

 

Jazreel Selinda van Nigel Secondary School het een onderskeiding behaal. Sy het ook twee Bs, drie Cs en ‘n D behaal.

Related Articles

Back to top button