Nuwe skool jaar, nuwe uitdagings

Graad Eens hou vol met die tradisie by Laeskool AG Visser.

Die eerste dag van die eerste skoolkwartaal vir 2023 het op11 Januarie aangebreek.

Die groep nuwe Graad Een leerders bymekaar.

By Laerskool AG Visser het daar ‘n opgewonde en vrolike atmosfeer geheers.

Die skoolhoof Selma Marx het almal terug verwelkom.

“Ons almal sien uit na die nuwe uitdagings wat die jaar gaan bring. Vriendskappe, wat vir jare onthou gaan word, gaan gesmee word. Elke leerder het talente wat ontgin moet word en tot die beste van hulle vermoë moet uitleef,” het Marx gesê.

“Volhard in alles wat jy doen en sukses sal jou volg,” was die hoofdogter Erica Vallentgoed se boodskap.

Hoofdoger, Erica Vallentgoed spreek die leerders toe.
Dylan de Bruyn die hoofseun het ook ‘n boodskap vir die nuwelinge gehad.

Die hoofseun, Dylan de Bruyn, het verder gesê: “Hou vas in wat jy glo en moet nie afwyk nie. Ons almal werk na sekere doelwitte in die lewe en saam sal ons dit kan bereik.”

Na die opening het die Graad Een leerders die tradisie, wat al jare by Laerskool AG Visser staan, voortgesit met die lui van die klok deur elk deur die nuwelinge.

Graad Een leerder Lenya Struwig was reg om die skoolbanke te betree.
Maatjies Lenya Struwig en Stacy Smith.
Lang pad skool toe.

Die dag wanneer die leerders met Graad Sewe klaarmaak lui hulle die klok vir die laaste keer.

Exit mobile version