Local newsNews

Gebarste waterpyp sorg vir munisipale kopseer

Verouderde infrastruktuur veroorsaak konsternasie.

HEIDELBERG – Inwoners van die dorp moes die naweek (3 en 4 Desember) oor die weg kom met geen of bitter min water in hul krane.

Sommige inwoners het vanoggend (Maandag) nog steeds nie normale water toevoer tot hul wonings gehad nie.
Die oorsaak was ‘n waterpyp naby die laagwater brug in Maréstraat wat gebars het.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se werkers, onder leiding van Star Moholobela (riool en stormwater afdeling) het oor die naweek onverpoosd gewerk om die pyp te herstel.

Moholobela het gevra dat die gemeenskap geduldig moet wees en waar moontlik alternatiewe planne maak totdat die pyp herstel is, en die water opgaardamme weer vol is.

“Ons doen ons bes om die pyp te herstel. Die pype in die infrastruktuur is almal oud en moet dringend vervang word,” het Moholobela gesê.

Related Articles

Back to top button