Nigel VLU sluit jaar gesellig af

DIe tak se nuwe voorsitter en vise-voorsitter is ook tydens die jaareindfunksie verkies.

Lede van die Nigel VLU het op 10 November hul jaareindfunksie by Ouma Koekies se Kombuis gehou.

Die tema van die gesellige oggend was, Breakfast at Tiffany’s.

Een van die tak se lede, Theresa Scholtz, het ook op die dag haar verjaardag saam met haar mede VLU lede gevier.

“Ek wil almal bedank wat van die jaar ‘n sukses gemaak het,” het voorsitter Ronel Lombaard gesê.

Theresa Scholtz het tydens die vergadering haar verjaardag gevier.

Tydens die vergadering het Lombaard ook aangekondig dat dit haar laaste jaar as voorsitter van die tak is, waarvan haar laaste amptelike vergadering in Januarie sal wees.

Sy sal in die toekoms haarself verkiesbaar maak om as streekvoorsitter te dien.

Anna-Marie Axer is tydens die vergadering as die tak se nuwe voorsitter verkies.

Anna-Marie Axer, die tak se nuwe voorsitter, saam met Hettie Botha, nuwe vise-voorsitter en oud voorsitter, Ronel Lombaard.

“Jy ken die tak al lank,” het Lombaard vir Axer gesê. “Ek weet sommer dat jy ‘n fantastiese voorsitter sal wees.”

Hettie Botha is tydens die vergadering as die tak se nuwe vise-voorsitter verkies.

Die tak se nuwe skakelbeampte sal in Januarie verkies word.

Vir meer inligting oor die tak se verrigtinge of om aan te sluit kontak Axer op 082 886 2002.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version