Local newsNews

Oud-bevelvoerder bied lesing aan oor die geheime diens van die ZAR

Die voorlegging was deur Generaal Gerhard Kamffer in Potchefstroom gelewer.

Die voormalige bevelvoerder van die Heidelberg Kommando, het op 27 Oktober ‘n lesing gelewer oor ‘Die geheime diens van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR)’ tydens ‘n vergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Potchefstroom.

Volgens die voorsitter van die SA Akademie, Professor Ewert Kleynhans (wat ook jare lank ‘n onderwyser by Laerskool Tini Vortster was), was dit besonder interessant en insiggewend.

“Indien mens die gesofistikeerde intelligensiediens van die ZAR en die omvang daarvan vergelyk met die swak inligting van die Britse magte, dan is te verstane waarom daar tydens die Anglo-Boere Oorlog soveel meer Britte as Boere op die slagveld gesneuwel het,” was Kleynhans se mening.

Professor Ewert Kleynhans (links) en Generaal Gerhard Kamffer tydens die lesing.

Lede van die Genealogiese Vereniging en die Erfenisstigting het ook die geleentheid bygewoon.

Generaal Kamffer was gebore op Balfour waar hy ook matrikuleer het en nog steeds boer.

Hy is in 1988 tot bevelvoerder van die Heidelberg-Kommando bevorder; ‘n pos wat hy nege jaar lank beklee het.

In 1998 was hy bevorder tot Kolonel en aangestel by die leërhoofkwartier as senior stafoffisier (kommando’s).
Gedurende 2004 was hy bevorder tot die rang van Brigadier Generaal en aangestel as die direkteur van beleid en beplanning van die reserwemagte.

In 2013 het hy direkteur van die reserwemagte van die Suid-Afrikaanse Leër geword en tans hanteer hy Projek KOBA-TLALA vir die Minister van Verdediging en die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button