News

AG Visser leerders kuier by Suikerbos se inwoners

Laerskool AG Visser het 'n hand van vriendskap uitgereik na die inwoners van die Suikerbos Oord.

Leerders van die Laerskool AG Visser het op 14 Oktober besoek gebring aan die inwoners van die Suikerbos Oord.

Die skool se koor het die inwoners met sang vermaak en selfs nadat hulle klaar was, is die koor versoek om meer te sing.

Die inwoners het ook geskenkpakkies ontvang wat deur die skool se hoofleiers uitgedeel is.

Die hoofdogter, Janke Gerber het gesê dat die pakkies uit liefde gemaak is.

“Ons wil teruggee aan die gemeenskap en veral aan die ouer geslag,” het die skoolhoof Selma Marx gesê.
Marx het ook ‘n uitnodiging gerig aan die inwoners van die Suikerbos Oord om die skool te gaan besoek en self die vriendelikheid te ervaar.

“Vriendelikheid is ‘n kwaliteit wat ons in elk van ons leerders inplant om sodoende weer oor te dra aan hulle medemens,” het Marx gesê.

Daar is ook ‘n skenking van boeke aan die oord gemaak.

Related Articles

Back to top button