Fotograwe se werk beïndruk

Heigel Fotoklub se lede bring telkens top gehalte foto's na die tafel.

Die Heigel Fotoklub, wat verskeie fotograwe van Nigel en Heidelberg insluit, het op 12 Oktober hulle maandelikse vergadering in Nigel gehou.

Dit was die tweede laaste vergadering vir die jaar.

Beste foto: You’ll be sorry deur fotograaf Ineke Kleingeld.

Tydens die vergadering is die foto’s, wat vir die maand ingeskryf was, bespreek en is die top foto’s vir die maand ook deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.

Die wenfoto vir September naamlik You’ll be sorry is deur fotograaf Ineke Kleingeld geneem.

Die beste junior foto naamlik Gariepglasogie is deur fotograaf Dawie de Villiers geneem asook die beste voorgeskrewe foto naamlik Ryskopmeeu.

Beste voorgeskrewe foto: Ryskopmeeu deur fotograaf Dawie de Villiers.

Die voorgeskrewe temas vir die res jaar is:

• Oktober: Straattoneel met bome wat bot

• November: Abstrakte fotografie.

Francois van Jaarsveld van die Heigel Fotoklub nooi belangstellendes om by die klub aan te sluit.

Hy kan by 083 659 9657 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version