Local newsNews

Suikerbos Oord laat Ampie tuis voel

Die sanger het ook 'n boodskap van hoop gebring.

Op 8 Oktober het Ampie Volschenk die Suikerbos Oord besoek en die inwoners vermaak.

Die dag, wat deur ds Cobus Rossouw geopen is, is deur Roenel Engelbrecht en haar familie gereël.

Ampie het verseker dat die heupe geswaai het op die maat van die musiek.

Hy het ook tussendeur die vermaak sy boodskap van hoop uitgebring.

Ds Cobus Rossow verwelkom almal.

Sy boodskap was gebaseer op ‘n persoonlike ondervinding wat hy beleef het toe ‘n geliefde as gevolg van depressie en stres haar eie lewe geneem het.

“Wees die lig in die donker wêreld vir iemand anders. Ons moet ligdraers wees vir ander wat moeilike tye beleef en wys dat die donker tye nie vir ewig aanhou nie. Ondersteun mekaar en wees altyd daar as iemand wil praat,” het Ampie gesê.

Ampie Volschenk vermaak die gehoor.

Die volgende byeenkoms gaan op 22 Oktober plaasvind wanneer die Suikerbos Boereorkes die oord gaan besoek.

Vir besprekings en meer inligting kontak vir Rina op 016 349 5180.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button