Local newsNews

Nigel weermag vererane vier Erfenisdag

Daar is planne in werking om die Erfenis vieringe 'n jaarlikse instelling te maak.

Op Erfenisdag, 24 September was Nigel in rep en roer met Erfenisdag vieringe.

Nigel se Vlakvark-eenheid, wat deel van die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging is, het nie teruggestaan om die dag op gepaste wyse te vier nie.

‘n Genotvolle dag is deur die eenheid by die Hoërskool John Vorster aangebied.

Daar is met oorgawe aan die kruiwaresies deelgeneem.

Die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging, Johann du Preez het die verrigtinge geopen.

Daar was onder andere ‘n pretdraf oor ‘n 2.4km roete. Die oudste deelnemer, wat die roete kaf gedraf het, is 80 jaar.

Ander erfenistradisies waarmee die ouer geslag mee groot geword het soos kruiwa resies, sak resies, bottelgooi en kettieskiet was ook aan die orde van die dag.

Bottelgooi, oftewel grenaatgooi, was ook deur talle op die proef gestel.

Die tradisionele boeremusiek wat gespeel was, het gesorg dat die besoekers ‘n paar draaie op die dansvloer gemaak het.

Daar was ook ‘n Blesbok- en Koedoe-vliegtuig, tesame met twee Alouette helikopters wat ‘n draai oor die velde gemaak het.

Die vliegtuie het onderskeidelik van Wonderboom en Zwartkops af gekom.

Die sakresies het vir groot pret gesorg.

Die helikopters het in Brakpan opgestyg om die gemeenskap te vermaak.

Die idee agter die dag was om Nigel te wys dat die SAWV ‘n verskil wil maak in die gemeenskap. Die SAWV Vlakvark-eenheid huiwer glad nie om ander te help wat hulle sien die nood druk nie. Die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane eenheid is daar nie net vir hulle eenheid lede nie maar vir die hele Nigel gemeenskap.

Die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereeniging, Johann du Preez, het die verrigtinge geopen.

Karel Groesbeek, voorsitter van Vlakvark het almal bedank wat die dag ondersteun het.

“Dit wys ons net dat die gemeenskap hulle erfenis wil bewaar en vir die toekomstige generasies iets gee om aan vas te hou,” het Groeskeek gesê.

Daar is planne in werking om die Erfenisvieringe ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die 2.4km roete stap en hardloop was goed ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button