Geregtigheid vir Sunfield Home se inwoners

Mpumalanga Regering kry die wind van voor in hulle saak teen Sunfield.

Die saak tussen Sunfield Home Fortuna en die Mpumalanga Departement van Sosiale Ontwikkeling het ‘n draai in die hof gemaak.

Die departement se vooruitsig om die 70 pasiënte wat by Sunfield gehuisves word na ander instellings toe te verskuif, het die wind van voor gekry. Die pasiënte is op staatsubsidies en pensioene.

AfriForum het ingegryp en die saak namens Sunfield behartig. Hulle het tot die saak toegetree nadat die staat reeds vir die afgelope 14 jaar weier om die subsidiebedrag vir Sunfield, ’n tehuis vir fisiek- en verstandelik gestremde persone, te verhoog.

Die departement het gedreig om die staatsgesubsidieerde inwoners te verplaas.

Op 27 September het AfriForum en die Mpumalanga provinsiale regering hul dag in die hof gehad.

Regter Johannes Hendrickus Roelofse, het bevestig dat hy ’n bevel gaan toestaan wat dié departement verbied om die inwoners van die Sunfield-tehuis te verplaas.

Die bevel deur Roelofse sluit die aanstel van ’n advokaat, met meer as 10 jaar se ondervinding, om as kurator ad litem vir die inwoners op te tree.

Die regter het in Sunfield se guns beslis.

“Hierdie is ’n groot oorwinning vir geregtigheid in ’n ‘Dawid en Goliat-storie’ waar die regering die mees

weerloses in ons samelewing onregverdig behandel en selfs dreig,” het Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud gesê.

“Die uitslag benadruk die belangrikheid van burgerregte organisasies soos AfriForum in ’n land met ’n gewetenlose regering,” het van Zyl bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version