Local newsNews

VLU se boom pronk by rolbalklub

Die vroue het die pomponboom ter afsluiting van boomplantmaand geplant.

Lede van die Rensburg Vroue Landbou-Unie het op 27 September ‘n pomponboom by die Heidelberg Rolbalklub geplant.

Die plant van die boom vorm deel van boomplantmaand.

“Dankie vir julle wat gekom het om te help om die boom te plant,” het Marty Jerling, voorsitter van die tak gesê.

“Ons glo dat die boom hier goed sal aard.”

Elmarie Eygelaar, tesourier van die tak en ook lid van die Heidelberg Rolbalklub het die vroue meer vertel oor die boom voordat dit geplant is.

Die tak se volgende vergadering sal op 18 Oktober gehou word.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit kontak Eygelaar by 082 561 0441.

Related Articles

Back to top button