Plaaslike lyndansers blink uit op die wêreldverhoog

Die drie plaaslike dansers het uitgestaan op die wêreldverhoog.

Drie lyndansers van die Generation Dansklub in Heidelberg het onlangs aan die Wêreldlyndanskampioenskappe in Blackpool, Engeland, gaan deelneem.

Deonè Erasmus, haar seun Phillip Erasmus en Loret Viljoen het almal in hul onderskeie kategorieë goed gevaar.

Hul resultate was soos volg:
• Phillip Erasmus, vir die kategorie Novice Young Adult, ‘n tweedeplek.
• Deonè Erasmus, vir die kategorie Intermediate Silver, ‘n derdeplek.
• Loret Viljoen, vir die kategorie Intermediate Gold, ‘n derdeplek.

Phillip Erasmus saam met sy ma, Deoné Erasmus tydens die lyndans wêreldkampioenskappe in Engeland. Foto: Verskaf.

Tydens die kampioenskappe het Deonè en Philip ook ‘n eersteplek behaal in ‘n charity duo dans.

Generation Dansklub is in Januarie maand deur Deonè en haar dogter, Bianca Gloy geopen en verwelkom enige persoon wat wil dans.

Die klub bied sosiale lyndans klasse aan sowel as kompetisie klasse aan in Heidelberg en Nigel.

Vroeër vanjaar het die klub se kompetisie klas sowat 18 dansers by die SA Masters kompetisie ingeskryf.

“Almal het tydens die Masters redelik goed gevaar,” sê Deonè. “Die klub is oop vir oud en jonk om aan te sluit, as jy van dans hou sal jy hiervan hou.”

Vir meer inligting kan Deonè by 084 800 6054 geskakel word of besoek die klub se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version