Local newsNews

Gemeenskap stap vir Bybelverspreiding

Die gemeenskap het met groot opgewondenheid aan die Stap vir Bybels deelgeneem.

Gemeenskapslede het op 10 September by die AP Kerk-Nigel bymekaar gekom om deel te neem aan die kerk se jaarlikse Stap vir Bybels.

Sowat 144 inwoners het opgedaag om deel te neem aan die 1km of 5km staproetes.

“Ons is baie dankbaar vir elkeen wat opgedaag het,” het Elsa Greyling, een van die stapdag organiseerders gesê.

“Ons het ‘n nuwe rekord die jaar opgestel met die hoeveelheid mense wat hier was.”

Stappers het medaljes ontvang nadat hul die staproetes voltooi het.

Die fondse wat deur middel van die stap ingesamel is, word net so oorhandig aan die Bybelgenootskap van Suid Afrika.

“Die stapdag is vir ons ‘n groot ding,” het ds Jaques Boonzaier van die kerk gesê.

“Ons wil dit graag ‘n gemeenskapsprojek maak wat jaarliks groei.

“Almal wat vandag hier was het toegang tot ‘n Bybel. Die dag gaan oor dié wat nie daardie toegang het nie.
“Op die einde van die dag gaan dit daaroor om die Woord te versprei.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button