Local newsNews

Rensburg VLU-lid kry vol punte by kongres

Lede van die Rensburg VLU het die kongres in Meulstroom bygewoon.

Lede van die Rensburg VLU-tak het op 31 Augustus en 1 September die Overvaal-streek se kongres in Meulstroom bygewoon.

Tydens die kongres het Jeanie Boshoff 100% vir haar kolletjie kuns behaal.

“Dit is die eerste keer in die kongres se geskiedenis wat dit gebeur,” het Elmarie Eygelaar (tesourier) van die tak gesê.

“Ons is almal baie trots op Jeanie vir haar prestasie.”

Jeanie Boshoff het 100% vir haar kolletjie kuns gekry tydens die kongres.

Die VLU-tak se volgende vergadering sal op 20 September plaasvind.

Belangstellendes kan vir Eygelaar by 082 561 0441 vir meer inligting kontak.

Related Articles

 
Back to top button