Local newsNews

Van Niekerk lê die tuig neer

Helpende Hand, Heidelberg-tak het vir eers 'n nuwe voorsitter.

Die Heidelberg-tak van Helpende Hand gaan binnekort onder nuwe voorsitterskap staan.

Dit volg nadat die huidige voorsitter en steunpilaar, Frik van Niekerk, onlangs met ‘n swaar hart sy bedanking ingedien het as gevolg van gesondheidsredes.

Van Niekerk het sedert 2020 met die stigting van die Heidelberg-tak as voorsitter gedien.

Hy het bekend geword vir sy onbaatsugtige werk en het al sy vrye tyd aan Helpende Hand toegewy.

Patricia Meyer gaan voorlopig Van Niekerk se plek volstaan totdat ’n nuwe voorsitter gekies word.

Meyer het aangedui dat sy wil voortbou op dit wat Van Niekerk vermag het.

“Ek wil Frik uit my hart bedank vir sy betrokkenheid die afgelope twee jaar. Frik het baie goeie werk in Heidelberg gedoen en hy het werklik ‘n verskil in baie mense se lewens hier gemaak. Ons gun Frik sy rus en wens hom voorspoed toe,” het Meyer gesê.

In Junie het Meyer en haar eggenoot, Hans, Heidelberg hulle tuiste gemaak en het dadelik by Helpende Hand betrokke geraak.

“Vir my was dit die regte besluit om betrokke te raak en my gewig ten volle met Helpende Hand ingegooi het,” Meyer verder gesê.

Van Niekerk gaan eers vir sy familie in die Kaap kuier en sy kleinseun vir die eerste keer sien voordat hy enige verdere besluite oor sy en toekomsplanne gaan neem.

Inwoners wat belangstel om by Helpende Hand betrokke raak kan vir Patricia ‘n e-pos na patriciameyer851@gmail.com stuur.

Related Articles

 
Back to top button