Local newsNews

Vrouemaand op gepaste wyse afgelsuit

NG Kerk, Rensburg sien om na behoeftiges in die gemeenskap.

NG Kerk Barmhartigheidsdiens, Rensburg het op 25 Augustus ‘n vroue tee aangebied.

Alida Hattingh, een van die lede van die barmhartigheidsdiens het gesê dat die groep ook geken word as die Kosmos-groep.-

“Goedheid kos mos niks nie en ons glo dat dit aansteeklik is vir ander om in ons voetspore te volg,” het Alida gesê.-

Die geleentheid is aangebied as deel van Vrouemaand, wat gedurende Augustus gevier is.-

Die barmhartigheidsdiens se doel is om nood te verlig in die gemeenskap van Rensburg.-

Deel van die diens wat die vroue lewer is om elke maand kospakkies aan sowat 50 gesinne te voorsien.-

Buiten die kospakkies het die barmhartigheidsdiens elke kwartaal ‘n geleentheid waar hulle individue bederf deur iets spesiaals te doen.-

“Ons is elkeen soos ‘n gegeurde bos rose,” het Minette Roodt van die barmhartigheidsdiens gesê.-

“Elkeen het sy eie kleur en geur. Ons werk is om die dorings te verwyder en die mooi in elke persoon te sien.”-

Die gasspreker, Marie Le-Hani het gesê, “Hou vas aan jou geloof en moet nie daarvan afwyk nie.-

“Lewe na die beste van jou vermoë en wees ‘n anker vir ander wat dit broodnodig het.”-

NG Kerk Rensburg se Barmhartigheidsdiens is nie net vir NG Kerk lede nie. Die groep reik uit na die gemeenskap.-
Skenkings om hul goeie werk te kan voortsit is altyd nodig en welkom. Skakel die NG Kerk Rensburg se kantore by 016 341 2722 as jy bydrae wil maak.

Related Articles

Back to top button