Local newsNews

Heigel Fotoklub se Augustus wenners bekend gemaak

Fotografie deur indivudele kreatiwiteit utgebeeld.

Die Heigel Fotoklub, wat verskeie fotograwe van Nigel en Heidelberg insluit, het op 10 Augustus hulle maandelikse vergadering in Nigel gehou.

Tydens die vergadering is die foto’s, wat vir die maand ingeskryf was, bespreek en is die top foto’s vir die maand ook deur ‘n paneel beoordelaars aangewys

Die wenfoto vir Augustus, Spitzkoppe, is deur die fotograaf Francois van Jaarsveld geneem.

Die beste junior foto, Perfection is a prison you’re meant to fly, is deur fotograaf Heinrich van der Merwe vasgevang.

Beste voorgeskrewefoto: Who knows what tomorrow will bring.

Die beste voorgeskrewe foto, Who knows what tomorrow will bring, is deur fotograaf Ineke Kleingeld geneem.

Die voorgeskrewe temas vir die res van die jaar is:

September: Voëls in vlug

Oktober: Straattoneel met bome wat bot

November: Abstrakte fotografie.

Enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera of selfoon waaroor die persoon beskik kan vir Francois van Jaarsveld van die Heigel Fotoklub by 083 659 9657 kontak.

Die wenfoto vir Augustus: Spitzkoppe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button