Local newsNews

Weghol veldbrand eis geliefde matrone

Suikerbosoord treur na geliefde matrone sterf.

Matrone Hester Hugo (65) wat vir 15 jaar haarself beywer aan die ouer burgers van Heidelberg is op 27 Julie oorlede.

Hugo het by die Silwer Akker Hoësorg Afdeling by die Suikerbosoord dienssentrum vir bejaardes gewerk.

Op 26 Julie was mediese personeel uitgeroep na die kleinhoewe waar Hugo en familie in die Spaarwater area gewoon het.

Hugo het ernstige brandwonde opgedoen terwyl sy besig was met voorbrand op die kleinhoewe.

Verslae wat deurkom is dat, terwyl Hugo besig was met die voorbrand het die wind gedraai en haar in ‘n hoek vasgedruk waar sy ernstige brandwonde opgedoen het.

Mediese behandeling was dadelik toegedien en Hugo was inderhaas hospitaal toe geneem.
Sy het egter aan haar beserings beswyk.

Hugo het Suikerbosoord as ‘n tweede huis beskou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button