NewsSchools

Volkskool en Ligbron meet kragte

Toekomstige sterre meet kragte op Volkies se rugbyveld.

Volkskool en Ligbron rugbyspanne het op 23 Julie op Volkskool se rugbyvelde kragte gemeet.

In die meerderheid wedstryde het Ligbron met die louere weggestap, maar van junior spanne het verseker dat Volkskool steeds hulle koppe hoog kan hou.

Die meeste van die spanne van Volkskool wat die onderspit gedelf het met net ’n paar punte verloor.

Die uitslae is soos volg: o14A Volkskool 29–Ligbron 0, o14B Volkskool 5 – Ligbron 0, o15A Volkskool 25–Ligbron 10, o15B Volkskool 14–Ligbron 19, o16A Volkskool 17–Ligbron 22, o16B Volkskool 7–Ligbron 24, derde span Volkskool 0–Ligbron 38, tweede span Volkskool 17–Ligbron 22, eerste span Volkskool 17–18.

Volkskool gaan nog een tuis groep wedstryde aanbied voor die relegasie ligas tot op ‘n einde loop. Hulle volgende wedstryd is by Volkskool op 6 Augustus.

Related Articles

Back to top button