Local newsNews

Helpende Hand hou stigtingsvergadering

Die nuwe bestuur is onlangs verkies vir Helpende Hand Heidelberg-tak.

Solidatiteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 21 Julie hulle nuwe tak stigtingsvergadering by Hoër Volkskool skoolsaal gehou.

Die nuwe bestuur is vir ‘n twee-jaar tydperk aangestel.

Mariolette Vorster, die Oos-Rand streekorganiseerder van Helpende Hand, het die verrigtinge geopen.

Vorster het ‘n kort opsomming gegee van wat Helpende Hand Oos-Rand doen en waar hulle die gemeenskap bystaan en help.

Vorster het gesê, “Ons beoog om hoop te skep aan die gemeenskap en te help waar ons kan.

“Daar is so baie mense wat sukkel net om die daaglikse goed te doen. As ons net op ’n klein manier kan help om die daaglikse take ’n bietjie te verlig dan doen ons dit met n blye hart.”

Vorster het met die oorsig van wat Helpende Hand daarop gewys dat daar verskeie projekte is waarmee hulle landwyd asook plaaslik besig is.

Daar word gekonsentreer op die kulturele, fisiese, sosiale, emosionele en geestelike aspekte wanneer hulle mense van hulp is.

Die fokus is meestal gemik op bejaardes, kinders en gestremde persone.

“Die projekte waarmee ons deur die jaar in die streke besig is behels die kosblik, skooltas, stophonger, helpjag, Help Hetta, Help Hendrik, vroue fonds, rolstoel en bemagtig ’n kind projekte,” sê Vorster.

“Daar word ook studielenings aangebied. In al die projekte kyk Helpende Hand waar die gemeenskap gehelp kan word. Daar is goedhartige mense wat skenkings doen om uit te help,” het Vorster gesê.

“Die projekte wissel van wat die gemeenskap benodig. Net om ’n voorbeeld te gee, in 2022 sover het Helpende Hand alreeds 2 000 kospakkies uitgedeel aan behoeftige families asook kos vir kleuters op ‘n daaglikse basis,” hetVorster bygevoeg.

“In 2021 het hulle 138 ton lemoene uitgedeel en dié jaar so ver 1 400 studente bygestaan, skooltasse uitgedeel, rystoele aan gestremdes en behoeftiges en nog vele meer.”

Ons het soveel meer mense nodig om betrokke te raak om die las minder te maak.

“Die gemeenskap kan finansieël held deur ’n ondersteuner te raak, vrywilligers asook om daar te wees om op te leun en te ondersteun.”

Daar was ook ‘n nuwe bestuur vir die Heidelberg tak gekies vir die volgende twee jaar. Hulle is Frik van Niekerk (voorsitter), Patricia Meyer (ondervoorsitter) en Hanlie de Beer (sekretaresse).

“Die nuwe bestuur is reg om die gemeenskap by te staan en te help waat hulle kan,” sê Van Niekerk.

“Ons is gekies van die gemeenskap en is hier vir die gemeenskap.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button