Volkies deel van seevierende perdry span

Die ruiters het goed gevaar tydens die kampioenskappe.

Vier leerders van Volkskool het tydens die afgelope skoolvakansie deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Ponie Ruiter en Junior Kampioenskappe te Fourways, Gauteng.

Adrienne MacDonald-Hutchenson met Waterford-Chocolate, Casey Leigh Smith met Flicka Speed, Thiane Hall met Krushani Nevada en Lenya Price op Jenso Marshall Q se rug het uitstekend gevaar by die kampioenskappe.

Al vier die ruiters was deel van die Gauteng-span.

MacDonald-Hutchenson het ‘n goue medalje. Hall het die 75cm junior-klas en Smit het die 85cm junior-klas onderskeidelik gewen.

Die Gauteng span het ook as algehele wenners van die kampioenskappe weggestap.

Exit mobile version