VLU vroue geniet gesellige vergadering

Die vroue se maandelikse vergadering is deur die beoordeling van hul kompetisie artikels sowel as 'n interessante kaasmaak gesprek gekenmerk.

Lede van die Rensburg VLU het op 19 Julie hul maandelikse vergadering geniet.

Die besige vergadering was gekenmerk deur die beoordeling van die tak se kompetisie artikels en gasvrou Mari Botha het die vroue meer vertel oor die maak van kaas.

“Ek kom oorspronklik van Pretoria af,” het Botha vertel.

“Toe ek my man ontmoet, ‘n boer van Greylingstad, het my lewe baie rustiger geraak na my besige stadslewe.

Trudie Potgieter besig om die kompetise artikels uit te sorteer vir beoordeling voor die vergadering begin het.

“Ek het vir ‘n tyd gewerk in die buurdorp, maar omdat petrol so duur uitgewerk het, het ek iets van als probeer op die plaas om myself besig te hou.”

Botha het vertel hoe sy met die hulp van haar man drie groente tuine op die plaas, skoupampoene en nou ook ‘n melkbees aangeskaf het.

Tans is Botha se fokus op haar melkbees met wie se melk sy besluit het om te leer kaas maak met die hulp van ‘n aanlynkursus.

“Ek het nou al Feta kaas onder die knie,” vertel Botha.

Gasvrou Mari Botha het die vroue meer geleer oor kaas maak.

“Maar ander kaas soos Gouda en Cheddar moet ek nog aan werk want daardie kaas van my wil nog nie smelt nie.”
Die tak se lede kon tydens die vergadering ook Botha se Feta kaas proe.

Margaret du Plessis en Tonetti Botha, wat albei afgetrede onderwysers van Hoër Volkskool is, het die vroue se digkuns wat ook ingeskryf is as kompetisie artikels, help beoordeel.

“Ek is bly van julle het die Haiku-styl van digkuns aangedurf,” het du Plessis gesê.

Tonetti Botha saam met Margaret du Plessis het gehelp om die vroue se Haiku digkuns te beoordeel.

“Dit is ‘n moeilike styl waarmee jy baie moet sê met so min as moontlik terwyl die gedig steeds natuurlik moet vloei.”

Elize van Biljon, streekstesourier van die VLU Goue Suide Streek, het die lede se ander kompetisie artikels beoordeel.

Die uitslae van die lede se beoordeelde kompetisie artikels sal tydens die volgende vergadering bekend gemaak word.

Die tak se volgende vergadering sal op 16 Austus plaasvind waar Roenel Nel as gasvrou sal optree.

Vir meer inligting, of om by die tak aan te sluit, kontak voorsitter Marty Jerling op 082 465 9343.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version