Koue weer skrik hengelaars nie af

Die Balfour Hengelklub se lede het hul maandelikse kompetisie langs die Vaaldam geniet.

Sowat 27 lede van die Balfour Hengelklub het op 9 Julie by Last Farm langs die Vaaldam bymekaar gekom vir hul maandelikse kompetisie.

Die lede het altesaam 91 vis uit die water getrek met ‘n totale gewig van 54.067kg.

Die kompetisiewenners was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

Senior mans:

• Heine Terblanche het 10 vis gevang met ‘n gewig van 14.497kg

• Bennie Kriel het sowat 13 vis uit die water katrol met ‘n gewig van 4.715kg

• James Walker het 10 vis gevang met ‘n gewig van 6.776kg

Vroue wenners:

• Zaskia Schutte het vyf vis uit die water getrek met ‘n gewig van 2.136kg.

• Ingrid Kriel het twee visse gevang met ‘n gewig van 0.656kg

• Sonja Brits het een vis gevang met ‘n gewig van 0.704kg.

Junior wenners:

• Jayden Nolte het vier vis met ‘n gewig van 2.676kg gevang.

• Kallie Kriel het sowat vyf vis gevang wat altesaam 1.115kg geweeg het.

Terblanche het ook die swaarste karp (2.159kg) en swaarste graskarp (2.476kg) van die kompetisie gevang.

Luan Muller het tydens die kompetisie die swaarste moddervis (0.860kg) uit die water katrol.

Mustapha Khan het die swaarste baber (0.150kg) gevang en Hennie Brits het die swaarste geelvis (0.879kg) tydens die kompetisie gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Rosslee gehou word op 13 Augustus.

Vir meer inligting of om aan te sluit, kontak Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Exit mobile version