Local newsNews

Waterdruk probleme word ondersoek

Rensburg se water probleme behoort binnekort iets van die verlede te wees.

Die waterdruk probleme wat die afgelope tyd in Rensburg ondervind word, is steeds ‘n kopseer.

Die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) is bewus van die probleme en is in die proses om aandag daaraan te skenk.

Die gemeenskap in Rensburg, veral aan die onderkant van die spoorlyn, ondervind gereeld waterdruk probleme.
Op 12 Julie het LPM die pype begin herstel na die soveelste klagte wat aangemeld is.

Dit was later gerapporteer dat al die foute herstel was en dat die inwoners moet wag vir die water opgaartenks om vol te raak.

Dit het nie gerealiseer nie en die en inwoners moes weer sukkel.

Op 13 Julie het LPM weer in Zuidstraat ondersoek ingestel om vas te stel of daar nog steeds lekke of probleme in die water pyplyn was.

Star Moholobela van die water- en sanitasie afdeling het bevestig dat daar grootskaalse waterlekke is wat hulle besig is om reg te maak.

“Die probleme sal hopelik binnekort iets van die verlede te wees,” het Moholobela gesê.

Moholobela sê dat hy gesprekke met AfriForum Heidelberg se Willem Sprong gevoer het om hulp te verleen met ‘n hommeltuig om waterlekke en ander sanitasie verwante probleme op te spoor.

Moholobela meen dat die munisipaliteit wel poog om waterlekke, wat gerapporteer word, binne ‘n agt uur periode te herstel.

Die waterpyp probleem is ten einde uitgesorteer, maar as gevolg van die beurtkrag wat ondervind word maak dit die opvul van die opgaartenke moeiliker omdat van die pompe aanhoudend aan en af gesit word.

Moholobela het gevra dat die gemeenskap geduldig moet wees en nie onnodig water gebruik nie om te verseker dat die opgaartenks voldoende opgevul kan word.

Related Articles

Back to top button