Local newsNews

Helpende Hand uitnodiging

Helpende Hand se nuwe tak stigting beplan.

Solidariteit Helpende Hand gaan op 21 Julie hulle twee-jaarlikse bestuursvergadering te Hoërskool Volkskool om 19:00 hou.

Dit is Helpende Hand se beleid om elke twee jaar ‘n nuwe bestuur te kies.

Daar is ‘n ope uitnodiging aan die gemeenskap om deel te wees van Helpende Hand en sodoende die gemeenskap te dien.

Daar is tans uitgebreide projekte onder die vaandel van Helpende Hand waar die gemeenskap gereeld gehelp word.

Die projekte sluit onder andere ‘n Rolstoel-projek, Help Hetta, Help Hendrik, kosblik en skooltasprojek in.

“Die uitnodiging word aan die gemeenskap gerig sodat almal meer te wete kan kom van Helpende Hand en kan sien wat aangebied word,” het die huidige voorsitter Frik van Niekerk gesê.

Daar is onder andere ook rentevrye studiebeurse aan kandidate wat kwalifiseer om verder te studeer.

“Die gemeenskap wat hulp deur Helpende Hand ontvang is bejaardes, kinders, gestremdes en behoeftige persone,” het van Niekerk voorts verduidelik.

“Hoe meer persone betrokke raak hoe wyer kan ons die net span en ons medemens help. Ons is ván die gemeenskap en hier vír die gemeenskap,” het van Niekerk gesê.

Related Articles

 
Back to top button