Local newsNews

Skoon Heidelberg vra gemeenskap se samewerking

'Verander jou gewoontes,' vra die Skoon Heidelberg Groep.

Op 7 Julie het die Skoon Heidelberg groep in Van der Westhuizenstraat, Heidelberg Sentraal bymekaargekom vir hulle weeklikse skoonmaak sessie.

Die groep het vir die tweede agtereenvolgende week, op dié area gekonsentreer.

Vullis in die Blesbok Spruit.

Groot hoeveelhede plastiek, papier en kosverpakkings ontsier hierdie gedeelte van die dorp.

Daar is ook gemors in die Blesbospruit wat die omgewing sleg daarna laat uitsien.

Vullis word nie in vullisdromme gegooi nie ontsier die area.

“Ons het gedink dat ons vandag nie so baie werk gaan hê nie as gevolg van wat ons verlede week uitgerig het, maar ons was verkeerd,” het die skakelpersoon van Skoon Heidelberg, Charlotte Cloete het gesê,

‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen rommel in asblikke of plastieksakke te plaas.

Kosverpakkings wat neergegooi word is ‘n groot kopseer.

“Ons is passievol oor die omgewing en wil verseker dat Heidelberg skoon bly,” sê Cloete.

“Die groot kwessie is om die gemeenskap te kry om saam te werk en nie rommel uit voertuie of in parke en strate te gooi nie. Indien elke inwoner en besoeker hul kant bring sal dit almal se werk soveel makliker maak,” het Cloete afgesluit.

Rommel in die Blesbokspruit is nie ‘n ongewone gesig nie.

Related Articles

Back to top button