Local newsNews

Slaggate projek goed op dreef

AfriForum se 'Ons sal self' projek herstel die 2 022ste slaggat.

Die ‘Ons sal self’ projek met AfriForum Heidelberg aan die stuur wat in Maart afgeskop het, het onlangs hul 2 022ste slaggat in Heidelberg ombewing herstel.

“Om koste te bespaar het AfriForum in samewerking met Roadlab die nuutste tegnologie ontwikkel waar hulle nou self die mengsels aanmaak vir die herstel van die slaggate,” sê Willem Sprong van AfriForum Heidelberg-tak.

“Daar is sekere strate wat nie volledig kon herstel word nie as gevolg van dreineringsprobleme.

“Sodra Lesidi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) die waterlekke herstel sal ons voortgaan met die herstel van die slaggate.

“Danksy bydraes van plaaslike besighede kon ons strate herstel waar inwoners nie al die kostes on dra nie,” sluit Sprong mee af.

Related Articles

Back to top button