Pretorius is deel van ‘n agt-man titel geveg

Submission Kings titel geveg vir Heidelberger.

Stefan Pretorius van Ability Academy in Heidelberg neem op 8 Julie deel aan ‘n agt-man titelgeveg in Edenvale.

Dit vorm deel van Submission Kings toernooi waar die wenner nie net R10 000.00 kan wen nie maar ook ‘n titel kan inpalm.

Die geveg is in die middelgewigafdeling.

Die ander deelnemers is: Chris Steenkamp, Jason du Randt, Tiaan Gerber, Jailson Souza, JP Kruger, Daniel Sussman en Konnor Sheehan-Benthien.

Submission Kings is ‘n Rio Grappling organisasie wat toernooie aanbied in Brazilian Jiu Jitsu.

Die doel van die toernooi is om die beste van die beste te onderskei.

Stefan Pretorius van Ability Academy in Heidelberg is reg vir die titelgeveg.

“Dit is nie net ‘n geval van inskryf en deelneem nie. ‘n Vegter word uitgenooi om aan die geveg deel te neem,” sê Pretorius.

In die geveg word ’n vegter ge-elimineer wanneer hy uitgeslaan word en word van die mat verwyder. So sal dit aangaan tot die laaste person staan en as wenner aangewys word.

“Vir my gaan hierdie as ‘n geleentheid om Heidelberg asook om Jiu-Jitsu as ‘n sport bekend te stel en weet ons bedoel besigheid.

“Ja, daar is geld betrokke maar vir my gaan dit nie alles daaroor nie.

“Ek wil ‘n voorbeeld en ‘n standard stel met hierdie uitdaging vir al my studente en vir Heidelberg se Jiu-Jitsu,” sê Pretorius.

Pretorius se afrigter is Jurgens Putter.

Diegene wat die geveg wil volg kan dit op Submission Kings se YouTube kanaal volg.

Exit mobile version