AfriForum gee ‘n veiligheidsdemonstrasie

Skoolkinders se veiligheid is van uiterste belang.

AfriForum se Heidelberg-buurtwag het ’n veiligheidsbewusmakingsaksie by Laerskool Volkskool op 10 Junie gehou, waartydens daar op ontvoering gefokus is.

Die leerders is opnuut geleer om nie saam met vreemde mense te ry nie en eerder saam met ’n onderwyser by die skoolhek moet wag tot hul ouers opdaag.

Verder het die buurtwag ook ’n paar basiese tegnieke gewys wat die leerders kan gebruik wanneer iemand hulle wil gryp.

Die buurtwag het ’n opgeleide hond gebruik in hulle demonstrasie en die leerders het entoesiasties deelgeneem aan die aanbieding.

Laer Volkskool se leerders op die pawiljoen tydens AfriForum se demonstrasies.

“Dit is belangrik dat ons kinders bewus is van die gevare in ons omgewing en dat ons hulle weerbaar moet maak teen misdaad,” het Shalto Schoeman, buurtwagleier by die AfriForum-tak in Heidelberg, gesê.

“Gemeenskappe moet saam werk om ons kinders te beskerm en dit is waarom ons hierdie dag gereël het,” het Schoeman bygevoeg.

Die tak het ook die meer as 35 AfriForum-buurtwaglede, die SAPD, Paramedici Heidelberg Volunteer Medics and First Responders, Crime Stop Security, Fidelity Sekuriteit, EMIS Sekuriteit, SGS, Ravin Combat en die honde Ella en Lyla, vir hulle hulp met die aksie bedank.

Exit mobile version