Local newsNews

Slaggate projek skuif Poortjiepad toe

Ons doen dit self sê AfriForum oor hul slaggate projek.

AfriForum het op 7 Junie in samewerking met plaaslike boere begin om slaggate in die Poortjiepad te herstel.

“Die projek behels veel meer as net ‘n paar sakke teer wat elke dag in ‘n slaggate gegooi word,” het Willem Sprong van AfriForum se Heidelberg-tak gesê.

“Ons wil hierdeur ‘n voorbeeld stel dat elke persoon ‘n reuse verskil kan maak deur net ‘n bietjie te gee.

“Die projek fokus nie net op strate waar fondse bymekaar gemaak word om slaggate reg te maak nie, maar ons spring ook in om ander probleemareas aan te spreek,” sê Sprong verder.

“Die Rommelberg-projek gaan ook binnekort afskop. Met die projek gaan ons ‘n dag opsy sit waar ons al die rommel in Heidelberg gaan optel. Ons beoog om ongeveer 1 000 sakke rommel binne 24 uur te versamel.

“Ons sal alles self doen as die munisipaliteit nie bereid is om voldoende dienslewering in Heidelberg te lewer nie,” het Sprong afgesluit.

Related Articles

Back to top button