Local newsNews

Heigel Fotoklub se Mei wenners is aangewys

Heigel Fotoklub se foto's pronk.

Heigel Fotoklub het tydens die klub se Junie vergadering die maand se foto’s bespreek en ook die foto’s vir Meimaand aangewys.

Fotograwe van Heidelberg asook Nigel behoort aan die klub. Die wenfoto vir Mei was Skoenlapper op ‘n blom deur fotograaf Carin du Preez.

Die beste junior foto wenner was When the flowers bloom the bees comes home deur fotograaf Heinrich van der Merwe.

Die oorgeskrewe onderwerp wenner was Pomegranite deur fotograaf Ineke Kleingeld.

Die voorgeskrewe temas vir die res jaar is soos volg:

Skoenlapper op blom

• Julie: Skilder met lig

• Augustus: Potretstudie van ‘n persoon (swart en wit)

• September: Voël/s in vlug

• Oktober: Straattoneel met bome wat bot

• November: Abstrak.

When the flowers bloom the bees comes home

Francois van Jaarsveld het ‘n uitnodiging gerig aan enigiemand wat deel van Heigel Fotoklub wil wees om hom op 083 659 9657 te skakel.

Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera waaroor die persoon beskik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button