News

Helpende Hand stel nuwe bestuurslede voor

Gemeenskap maak alles in staat sodat ons hulle kan help

Solidariteit Helpende Hand, Heidelberg-tak het op 7 Junie ‘n donasie van gloeilampe asook lugverfrissers en higiëniese spuitmiddel aan Hoër Volkskool oorhandig.

Tydens die geleentheid het Frik van Niekerk, voorsitter van die tak ook drie nuwe bestuurslede aan die media voorgestel.

Patricia Meyer, Hanlie de Beer en Ella Groenewald dien nou op die bestuur van Helpende Hand, Heidelberg.

Meyer woon tans nog in Alberton en sal eersdaags haarself in Heidelberg kom vestig.

De Beer woon al jare al in Heidelberg en Groenewald is matrone by Hoër Volkskool se koshuis.

Meyer en De Beer gaan met algemene take behulpsaam wees terwyl Groenewald se fokus meer op skoolkinders en hul behoeftes toegespits wees.

Die bestuur van Solidariteit Helpende Hand is Hanlie de Beer, Ella Groenewald, Frik van Niekerk (voorsitter) en Patricia Meyer.

Daar is tans verskeie skoolprojekte aan die gang met Helpende Hand Heidelberg-tak.

Die projekte sluit in Help Hetta, Help Hendrik, die kosblik-projek, asook die skooltas-projek.

“Te danke aan die gemeenskap wat help met donasies, stel dit ons in staat om mense in nood te kan help,” het van Niekerk gesê.

Persone wat met donasies kan help of betrokke wil raak by Solidariteit Helpende Hand kan Frik van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

Adéle Horn (links) koshuismoeder van Volkskool se koshuis ontvang gloeilampe van Hanlie de Beer, Frik van Niekerk en Patricia Meyer.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button