News

Helpende Hand woeker voort om te help

Verskeie projekte is op dreef - ten goede.

Solidariteit Helpende Hand, Heidelberg met Frik van Niekerk aan die stuur, is tans besig met verskeie projekte om die Heidelbergse gemeenskap by te staan.

Die tak het donasies van wol ontvang, wat daarna aan verskeie instansies en kerke geskenk is, as deel van ‘n brei projek.

Belangstellendes wat by die projek ingeskakel het, het fluks begin brei, om op hul beurt weer onder andere die Kankervereniging en ander hulpbehoewendes te help.

“Die brei projek was uiters suksesvol en vele warm gebreide items is geskenk,” sê van Niekerk.

Hy het bygevoeg dat die rolstoel projek van Solidariteit ook goed op dreef is.

Tot dusvêr kon Helpende Hand ses rolstoele uitleen of aan persone skenk wat dit dringend benodig.

“Ons benodig egter steeds gebreekte rolstoele of ou rolstoele, wat rondstaan vir parte om ander rolstoele reg te maak,” het van Niekerk gesê.

Voet-, arm- en rugstukke word veral benodig.

Solidariteit se klerewinkel, Ons Winkel, is ook tans besig met donasies vir Kwa-Zulu Natal – om te help met die nood wat daar ondervind word.

“Daar is sowat 40 sakke klere wat gestuur gaan word na Helpende Hand se winkels in KZN sodat die gemeenskap gehelp kan word,” het van Niekerk verduidelik.

“Heidelbergers reik altyd hulle hande uit om te help waar ons kan. Ons is immers daar om mekaar te help en te ondersteun,” het Hanté du Toit van Ons Winkel, Heidelberg gesê.

Vir enige donasies, hulp of navrae kontak Frik van Niekerk by 079 220 5555.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button