Local newsNewsSport

Nigel rugby het gemengde welsae

Nigel Rugbyklub vaar goed in die liga.

Nigel Rugbyklub het op 28 Mei teen Edenvale Panthers in Edenvale kragte gemeet.

Nigel se tweede span het eerstens opgedraf en ‘n taai wedstryd beleef.

Die wedstryd was deurentyd in die weegskaal en toe die eindfluitjie blaas, het Edenvale as wenners van die veld gestap met ‘n telling van 5-3.

Enzo Henning het met ‘n strafskop vir Nigel geslaag.

In die hoofwedstryd het Nigel en Edenvale se eerste spanne kragte gemeet.

Nigel se eerstes is besig om hulle goed van hulle taak te kwyt in hul liga.

Dié span was veels te sterk vir Edenvale. Die Nigeliete het altesaam ses drieë gedruk in die wedstryd.
Nigel se punte is aangeteken deur drieë: Reginald Thabethe (twee), Ockert Grobler (twee), Thunis Fourie (een) en Jarico van Niekerk (een).

Junaide Seedat het vyf doelskoppe deur die pale gejaag.

Die eindtelling was 40-27 in Nigel se guns.

Die tweede rondte van die liga begin hierdie naweek.

Nigel se volgende wedstryd is op 11 Junie teen Sasolburg op Sasolburg se rugbyvelde.

Related Articles

Back to top button