Local newsNewsSport

Berge stoomroller voort

Kestrel Liga se eerste rondte voltooi.

Heidelberg Rugbyspan het Saterdag gasheer gespeel teen Tembisa Stallions tydens die laaste liga wedstryd van die eerste rondte van die Kestrel Liga.

Heidelberg het met 82-8 gewen.

Heidelberg het in die begin met rukke en stote gespeel en het 10 minute gevat om aan die gang te kom.
Nadat die eerste drie gedruk is het Berge die drieë ingeryg.

Roaan Viljoen skop pale toe in die wedstryd tussen Heidelberg en Tembisa.

In die eerste helfte het Berge ses drieë gedruk en drie vervyf. Tembisa het een keer agter Heidelberg se doellyn gekuier en ook een strafskop oorgeskop. Die halftyd telling was 38-8 in die guns van Heidelberg.

Die tweede helfte was so te sê ’n spieëlbeeld van die eerste helfte waar Berge agt drieë gedruk het en twee verdoel het.

Roaan Viljoen in aksie in die wedstryd teen Tembisa.

Tembisa kon nie in die tweede helfte enige verdere punte aanteken nie.

Heidelberg het hulself bo aan die punteleer verstewig. Hulle het altesaam 14 drieë gedruk en een drie afgestaan.
Daar was een geelkaart in die wedstryd gewees.

‘n Skrum in die middel van die veld in die wedstryd tussen Heidelberg en Tembisa.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button