EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Heidelberg en Nigel se dagboek

These are the latest events happening in and around Heidelberg and Nigel.

HEIDELBERG

The Heidelberg Heritage Association reveals blue plaques for 100 heritage sites in and around Heidelberg every Friday at 12:00. For more information, contact Tony Burisch on 072 460 9663.

• Die Suikerbos Aftree-Oord hou elke tweede week op Donderdae om 17:00 ’n gratis fliek by die oord. Gaste kan R10 betaal vir ’n pakkie springmielies en ’n koeldrank. Bring die kinders, oumas en oupas saam. Gaste hoef nie vooraf te bespreek nie. Vir meer inligting stuur ’n epos na socialw@suikerbosoord.co.za

• Die Silveroaks Parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by 392 Houtpoort in Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te kom geniet. Vir meer inligting besoek die Silveroaks Parkrun se Facebook-blad.

2 tot 4 Junie

• Die Velliefees beloof om ‘n fees vir die landbouer, die kultuurvraat en vir Jan-alleman te wees. Die fees sal gehou word op die Basson familie, eienaars van Heidelberg Afslaers, se perseel, op die hoek van Zuid Straat in Rensburg en die R23 Balfour-pad. Die drie dag lange fees beloof ‘n boeredag op 2 Junie, verskeie kunstenaars se optredes en ‘n Vellies-Got-Talent kompetisie saam met Pieter Strydom.

Kaartjies vir volwassenes beloop R150 per dag of R240 vir twee dae. Vir skooliere is die kaartjies R80 per dag of R140 vir twee dae. Kleuters onder een meter kry gratis toegang. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by 082 852 7100 of WhatsApp 066 214 1913. Vir meer inligting besoek velliefees.co.za of die Velliefees Heidelberg se Facebook-blad.

NIGEL

Die Heigel Fotoklub vergader elke tweede Woensdag om 18:30 by die Nigel Tennisklub. Vir meer inligting, kontak Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

• Ferryvale Parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Jim Fouché Park plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die roete saam te kom geniet. Vir meer inligting besoek Ferryvale Parkrun se Facebook-blad.

Related Articles

Back to top button