CrimeLocal newsNews

Samewerking lei tot sukses

Midsdaad se dae is getel danksy samewerking.

AfriForum Heidelberg het op 20 Mei saam met die plaaslike SAPS gewerk in ‘n gesamentlike operasie.

Die twee afdelings het in twee verskillende skofte vanaf 08:00 tot 23:30 te werk gegaan om misdaad in Heidelberg en omgewing te bekamp.

Daar was altesaam 50 arrestasies gemaak vir verskeie oortredings, wat insluit onwettige immigrante, dwelms, dwelmhandelaars, huis inbraak toerusting, vuurwapens, winkel diefstal verdagtes asook skrootmetaal verdagtes en arrestasies van besit van moontlike gesteelde goedere.

Dit is duidelik dat die venootskap help en dat Heidelberg genoeg gehad het van die kriminele wat die dorp op horings neem.
Daar sal onder elke rots en klippie gekyk word totdat almal weer veilig voel.

Stephanus Blignault, distrikskoödineerder vir die AfriForum Wes-Rand het gesê, “Dis is ‘n bewys dat die gemeenskap saam met die SAPD kan werk.”

“Dit wys dat die gemeenskap van Heidelberg genoeg gehad het van misdaad en deur samewerking kan daar ’n groot verskil gemaak word,” het Blignault mee afgesluit.

Related Articles

Back to top button