Local newsNews

Jeugdagvieringe by die Heritage Museum

Local Lekker Mark gaan Jeugdagvieringe hou.

Inwoners kan uitsien na ‘n heerlike dag op Jeugdag, 16 Junie, wanneer Die Lekker Local Mark by die Heritage Museum in Viljoenstraat gaan plaasvind.

Earth Owl, met Roché Pepler en Santana Pestana aan die stuur, wil die hele Heidelberg, Nigel, Balfour, Springs en omliggende areas betrokke kry sodat almal die dag saam kan geniet.

Gemeenskapslede wat met ‘n vorige pret loop by die Lekker Local Market gestap het.

Een van die hoogtepunte van die dag is ‘n groot pret staproete van 3.5km.

Skole is ook reeds gekontak om deel te wees van die jeugdag vieringe

Die Lekker Local Market vind op Jeugdag plaas.

Daar is ‘n kleur tema vir die vieringe en besoekers word aangemoedig om rooi, geel, blou en groen te dra.

Deel van die staproete wat gestap gaan word met die pret staproete.

“Daar gaan ook ‘n hommeltuig wees wat al die gebeure vanuit die lug af gaan afneem,” het Pepler gesê

“Almal is welkom om die dag te kom geniet en ook by die plaaslike stalletjies aan te doen.”

Related Articles

Back to top button