Local newsNews

VLU vroue geniet Mexikaanse oggend

Kleurvolle uitrustings en 'n kultuurryke Mexikaanse oggend was deur die vroue van die Nigel VLU geniet tydens hul maandelikse vergadering.

Lede van die Nigel VLU het op 12 Mei ‘n Mexikaanse oggend as deel van hul internasionale tema geniet.

Gasvrou Annatjie van der Merwe het die vroue meer vertel oor Mexiko, van hul kultuuryke geskiedenis, kleredrag, kos en musiek, tot by hul hedendaagse oorlog teen dwelms en die kartel.

Die vroue het ook volgens tema aangetrek vir die vergadering en Elsa Greyling, wat as bandiet aangetrek was, het die prys vir mees oorspronklikste drag gewen.

Na die veradering kon die vroue ook volgens tema ‘n Mexikaanse ete geniet wat ‘n sjokoladekoek ingesluit het.

Die tak se volgende vergadering sal op 9 Junie plaasvind, waarby die vroue meer oor blommerangskikings gaan leer.

Vir meer inligting oor die tak of hoe om aan te sluit, kontak vir Anna-Marie Axer (skakelbeamte) by 082 886 2002.

Related Articles

 
Back to top button