Local newsNewsSport

Balfour Hengelklub vang goed

Die hengelklub het onlangs die viswaters by Aqua Via langs die Vaaldam aangedurf.

Lede van die Balfour Hengelklub het op 7 Mei aan die klub se maandelikse kompetisie deelgeneem.

Sowat 21 lede het die kompetisie aangepak by Aqua Via langs die Vaaldam.

Aan die einde van die dag is daar 89 vis uit die water getrek wat ‘n totale gewig van 38.038kg gehad het.

Die wenners tydens die kompetsie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

Senior mans:

Boetie Hassen met sy 3.824kg karp tydens die kompetisie.

• Frikkie Nel (13 vis met ‘n gewig van 4.853kg)

• Boetie Hassen (agt vis met ‘n gewig van 6.170kg)

• Bennie Kriel (sewe vis met ‘n gewig van 4.117kg)

Vroue:

• Ingrid Kriel (ses vis met ‘n gewig van 2.170kg)

• Irma Storbeck (vyf vis met ‘n gewig van 1.385kg)

• Darell Roos (vier vis met ‘n gewig van 1.409kg)

Juniors:

Jayden Nolte was trots op die moddervis wat hy tydens die kompetisie gevang het.

• Jayden Nolte (agt vis met ‘n gewig van 2.359kg)

• Kallie Kriel (twee vis met ‘n gewig van 0.778kg)

Hassen het ook tydens die kompetisie die swaarste karp (3.824kg) gevang.

Koos Erasmus het die swaarste graskarp (0.214kg) tydens die kompetsie gevang.

Bennie Kriel het die swaarste moddervis (0.553kg) gevang en Ingrid Kriel het die swaarste baber (1.370kg) gevang.
Zaskia Schutte het die swaarste geelvis (0.575kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal op 11 Junie by Steyns gehou word. Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

 
Back to top button